0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

Dolos (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Dolos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Tex Texeira se wittebrood in die Caprivi word wreed onderbreek.

’n Agent van ’n geheime Mosambiekse ondersoekeenheid het die gevreesde Mecau-dwelmkartel geïnfiltreer en inligting ontdek wat só sensitief is dat hy niemand anders as Tex daarmee sal vertrou nie. Die rede: dit betrek ’n hooggeplaaste Suid-Afrikaner.

Die agent moet dringend bereik word . . . solank Tex die aandag van Islamitiese ekstremiste kan vermy. En die kruishaar van ’n sluipskutter wat die Mecau-luitenante meedoënloos uitwis.

Ivoor (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Ivoor (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40.

Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ‘n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ‘n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help.

Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ‘n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.

Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Skag - Sand Verberg Alle Euwels (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

1987. Die opdrag aan Spesmagte se sersant Jos Fourie is eenvoudig: pas 'n vrag missiele op wat stil-stil uit Oos-Duitsland verskeep moet word. Maar iets vrot. Eers die onverklaarbare teenwoordigheid van 'n groep US Navy Seals wat hom in Duitsland dophou, daarna die skokontdekking van wapengehalte uraan-235 wat versteek is in sy vrag. Jos het elke greintjie vernuf waaroor hy beskik nodig om aan die lewe te bly onder die aanslag van Nigeriese seerowers, die agtervolgende Angolese vloot en sy ontluikende gevoelens vir die mooi ingenieurstudent Ashley Ramirez.

Dit word 'n nagmerrie-tog van die Noordsee tot by 'n geheimsinnige Weermag-skag in die Kalahari se duine, 'n aksiebelaaide wedren teen tyd om 'n katastrofiese kerntoets te stop voor dit 'n internasionale insident veroorsaak en sodoende die brose onderhandelingsproses na Suid-Afrika se ontluikende demokrasie kelder.

Bos (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Bos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R360 R309 Discovery Miles 3 090 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Bloedbroers. 'n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudooperasies. Carlos Veiyera, die veteraan met 'n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé.

En toe is die oorlog verby. Of is dit?

Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na ‘n duister operasie … nou moordend terug?

Militêre Inligting soek antwoorde. En Tex Texeira is die enigste operateur wat dit naby hom kan waag. As hy die skietdood van sy eie vrou kan verwerk. En die gevoel van 'n lokval wat hy net nie kan afskud nie ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
When Love Kills - The Tragic Tale Of AKA…
Melinda Ferguson Paperback R320 R235 Discovery Miles 2 350
Anton Rupert - The Life Of A Business…
Ebbe Dommisse Paperback R395 R289 Discovery Miles 2 890
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Hermione Granger Wizard Wand - In…
 (1)
R834 Discovery Miles 8 340
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Morbius
Jared Leto, Matt Smith, … DVD R179 Discovery Miles 1 790
Bostik Clear on Blister Card (25ml)
R33 Discovery Miles 330
Sharpie Fine Permanent Markers on Card…
R81 Discovery Miles 810

 

Partners